Rest in peace: Chris Buitendach

South Africa has lost an incredible rugby giant.

The legendary rugby coach Chris Buitendach passed at the age of 68.

Buitendach, described as one of the most passionate servants of rugby, passed away last weekend – after losing his battle with pancreatic cancer.

The renowned rugby guru started his coaching career in 1977 and went onto to lead 28 teams to finals in their respective competition, winning half of them.

He held a level three coaching certificate from World Rugby and was on the international coaching assessor panel for World Rugby.

Andre Eloff paid tribute to his lifelong dearest friend Chris Buitendach.

Chris Buitendach: Die pad saam 

Die begin van ‘n lewenslange vriendskap

Alhoewel ek en Chris saam in Youngsfield vir ons militêre opleiding was, het ons nie geweet van mekaar nie, ons het eers ontmoet by die destydse RAU toe ons in 1973 ingeskryf het as eerstejaar studente.

Ons het diesefde vakke bestudeer waarvan Liggaamlike Opvoeding een was. Daar is van die LO student verwag om verskeie toetse te doen waarvan swem een was. Ons kon nie juis goed baie lengtes swem nie en ons is daar vir die eerste keer aan mekaar voorgestel. Toe moes ons vir mekaar die lengtes wat geswem word tel en na ‘n bietjie oogkontak moes ons die telling vir die dosent deurgee. Ons somme werk toe nie te lekker nie en die dosent het verbaas opgekyk toe ek en Chris net een lengte minder as n springbok swemmer afgelê het. Ons het egter nooit die swemspan gehaal nie!

Ek en Chris word toe kamermaats in die koshuis “Afslaan” Hier het ek begin leer wat die woord “Vriend” werklik beteken. In een sinnetjie – “Om iemand te vertrou met alles”.

Na ‘n Jaar van saambly is daar begin met die nuwe koshuis “Oppierif” (Die naam is deur die bekende Jan Spies van Oppiestoep faam gegee) In Oppierif het ons seniors almal enkelkamers gehad. Ek en Chris se kamers was langs mekaar en oorkant ons was ‘n leë kamer wat nog nie toegedeel is nie. Chris as “entrepreneur” het die kamer in ‘n soort snoepwinkel ontwikkel en die topverkoper was kondome wat niemand tot vandag toe weet vanwaar hy dit gekry het nie . Op ‘n dag het ons rugbyafrigter ‘n afspraak met Chris gemaak oor die bedrywighede in die koshuis. Ons het lekker gelag toe hy ons vertel het dat die Prof hom geluk gewens het met sy inisiatief en veral die “diens “ wat hy aan die studente lewer.

Chris, wat klein van postuur was het vir RAU se eerste rugbyspan in daardie jare gespeel. Hy was ‘n formidabele flank wat tussen provinsiale spelers soos Boela van der Merwe, Tommy Bosh. Johan Gouws en andere sy man kon staan. Hy was ‘n spanman en n ware rugby karakter wat op die rugbyveld as “kapokkie” bekendgestaan het. Dit sê alles.

Chris se bynaam by die koshuis was “Generaal”, ‘n naam wat perfek by hom gepas het. Hy was in volle beheer van die koshuis se eerstejaars en ek glo dit moes n skrikwekkende ervaring vir die ongedissiplineerdes wees. Chris se wagwoord deur sy lewe was “Dissiplinne, dissiplinne en nogmaals dissiplinne”. Dit sou ‘n lewensstyl hy hom word en ook waarskynlik deel van die suksesse op die rugbyveld verseker.

Dit is ook hier by RAU waar Chris vir Claudia sy vrou ontmoet het en ons vrouens mekaar ontmoet het.

 

Chris die onderwys man

Ons paaie het geskei na ons studies waar ek na Hoërskool Kempton Is hy na die Hoërskool Witrivier. Nooit het ons kontak verloor nie.

Chris was ‘n rerespekteerde regverdige onderwyser. As LO onderwyser het sy idée van dissipline en die toepassig daarvan hom die bynaam “Probleme” gegee. Die afkorting Mnr “Prop” het sy hele lewe saam met hom getrek . Na sy tydjie by Witrivier het Chris bevordering gekry en is na Hoërskool Nelspruit. Ons skole spanne het vir verskeie jare teen mekaar gespeel.

Die hoogtepunt was toe die eerste rugbyspanne van Kempton en Nelspruit mekaar sou aanvat in die finaal van die destydse Administrateursbeker in 1989. Ons twee boesemvriende was die afrigters. Alhoewel Kempies die wedstryd gewen het, het hierdie wedstryd, waar daar 14 Cravenweek spelers op die veld was ons vriendskap versterk. Ek was die destydse Oos Transvaal skole afrigter en Chris het die Laeveldse Cravenweekspan afgerig. Sy woorde aan my was dat “albei spanne vandag ‘n les geleer het” Chris se vasbyt houding het teenstand in voorspoed verander. Hy het afgerig om spelers se lewe te verander en sou dit deur rugby doen. Hy het sy spelers geleer om met nederigheid te wen en met waardigheid te verloor. Chris was ‘n besondere atletiek, krieket en rugby afrigter en suksesvol met al drie omdat hy die wese van ,n mens verstaan het.

'n Veelsydige mens. 

Hierna het ons skolerugbyspanne gereeld teen mekaar gespeel. Ek het ook die voorreg gehad om saam met hom die eerste rugbyspan van Hoërskool Waterkloof, die Limpopo Vodacomspan en die Blou Bulle amateurspan te kon afrig. Toe ek as S.A. skole afrigter gekies was het ek aangedring dat Chris die skrums afrig. My persoonlike opinie is, is dat niemand in Suid Afrika ‘n skrum soos Chris kon afrig nie. Hy het op 68 jarige ouderdom self teen provinsiale stutte en hakkers gesak en hulle waardevolle lesse van skrumwerk geleer.

Chris het groot spanne later begin afrig soos die S.A. Studentespan, verskeie Provinsiale spanne, Nasionale spanne, Presidentspan en die heel grote was toe hy saam met Eugene van Wyk die Curriebeker vir Noord Transvaal gewen het. Chris was ‘n blou Bul en het sy merk ook by TUKS rugby gelaat.

Chris se laaste dae

In Maart 2020 net voor die grendeltydperk is ek en Chris en ons vrouens vir ‘n kort vakansie na San Lameer aan die Natalse Suidkus. Hy was ‘n formidabele visserman en ek was verstom hoe vêr hy sy visaas kon ingooi. Hy kon heeldag langs die viswaters sit en die volgende oggend 10 km gaan draf en kon maklik 100 opsitte doen. Hy was ‘n fikse man wat besondere karaktertrekke gehad het. Vir my was die feit dat hy geen grys areas in sy lewe gehad het nie en jy het presies geweet waar jy met hom staan . Hy was ‘n mens mens met ‘n positiewe uitkyk en voorwaar ,n vriend vir almal wat hom geken het.

Ek onthou ons besoeke aan hom terwyl hy op sy sterfbed was het hy steeds “lewe” gespreek. Die dag toe ek vir hom sê dat ons vandag daar is om hom te kom groet, het hy onmiddelik sy hand na my uitgesteek en was sy kenmerkend harde handdruk steeds daar.

Hy het my lank in my oë gekyk en gesê: Andre, moet nie worry nie, ek sal vir jou pa groete stuur.

Wat n vriend, eggenoot, pa en oupa was hy nie. Ons gun vir Chris die nuwe lewe by ons Hemelse Vader waar hy sonder pyn vir ons ander by die poorte inwag.

Jou opregte vriendskap, ingegriteit , koffie drink sessies en rugby geselsies gaan ek altyd onthou.

Jy het so uitgesien na die boek wat jy wou skryf, maar tog sal jou legende bly voortleef.

Groete ou grote

Geskryf deur Andre Eloff