Tyd om te eksperimenteer

Heyneke Meyer het sy kaarte geskommel en sy hand is gedeel vir die komende Rugby Kampioenskap, voordat die finale 31 uitverkorenes na die Wêreldbekertoernooi sal vertrek in September.


Met al die beserings en onsekerheid oor sommige kandidate is dit 'n redelik goeie groep.


Maar soos AussieBoer al van te vore genoem het was die oorgrote oefenkampe laas-maand geld mors.


Arme spelers soos Nic Groom, Demetri Catrakilis, Michael Rhodes, Jaco Kriel ens moes maar net gaan duik-sakke vashou.


'Goue' kaarte van Meyer: Geen Pierre Spies! Hoera! Jesse Kriel verdien om betrek te word terwyl Vincent Koch en Steven Kitshoff saam met Frans Malherbe die toekoms van die Bok-oond gaan wees.


Groen kolle: Francois Hougaard se diens na sy regterkant is nie goed genoeg nie, maar is hy slegter as Francois de Klerk en Rudy Paige?


Waarom is Jano Vermaak nie betrek nie, nou dat Fourie du Preez en Cobus Reinach beseer is?


Met al die senters beseer, hoekom net Damian de Allende kies.


Kyk, AussieBoer dink nie JJ Engelbrecht hoort daar nie en Juan de Jong se blapse in die laaste paar Super Rugby wedstryde het sy aandele laat daal, maar hul kon gerus nou geleentheid gegee word - of beteken dit JP Pietersen gaan die No.13 trui dra met Jean de Villiers, Lionel Mapoe, Jacques Fourie, Frans Steyn en Jan Serfontein almal beseer?


Meyer verkies om elke Toets met sy beste XV te begin en ek stem saam daarmee, maar hierdie Kampioenskap beteken werklik niks nie.


Daarom moet hy nuwe spelers nou Toets-ondervinding gee. Gaan hy ook soos Jake White met 'n afgewaterde groep toer?

AussieBoer (Kevin D)

@rugby365com



Hier is my spanne teen die Poemas en Wallabies/All Blacks (kies slegs uit groep en spelers wat nie beseer is nie):


 

 

 

 



 

 

 

 

 

 

 

 

 

Indien almal in die groep beskikbaar was sou my span so gelyk het (ongelukkig is dit nie polities aanvaarbaar nie):