Brakke sluit seisoen lekker af

Hoërskool Brackenfell, die gasheer, was defnitief reg gewees vir die jaarlikse interskole. Die Brakke het die dorp rooi, blou en geel geverf met die oploop van die titaniese stryd. Die atmosfeer was geesdriftig en almal was in goeie sportmanskap gees.

Die eerste helfte het Brackenfell die oorhand gehad met ‘n telling van 18 – 0. Keith Chiwara het die aksie aan die gang gesit, met ‘n goeie onderskepping van Tygerberg.  Chiwara se vinige bene het die Brakke gebring tot net voor die doellyn, waar Quan Eyamann die eerste punte vir die wedstryd aangeteken het.

Die ander drie van die helfte was deur die speler van die wedstryd aangeteken, Le-Klue Everts.  Skrumhalf Brandon de Kock het die ekstra twee punte bygevoeg, 12-0.

Net voor halftyd was Tygerberg omkant betrap en Brackenfell was met twee strafskoppe toegedien. Die gasheer het behoorlik die geleenthede benut en was 18-0 voor met rustyd.

Tygerberg het beslis nie gaan lê nie, gedurend die openings tydperk het die Tiere hul eerste punte aangeteken te danke aan senter Nico van der Westhuizen.   

Ongelukkig was Tygerberg se hele spel oorrompel met swak bal beheer en hanterings foute. Van die afskop, het Tygerberg die bal laat hop  en dit val perfek in die hande van Jaen-Louis de Lange wat die eerste punte vir Brackenfell vir die tweede helfte aanteken, 23 – 5.

Dinge het nie veel verbeter vir die besoekers nie. 'n Treurige skop poging het die finalle Brackenfell drie veroorsaak. Sean-D van Binsbergen teken sy naam as puntermaker met Quan Eymann wat die ekstra twee byvoeg, 30-5.

Tygerberg het nie moet opgegee nie en hulle was beloon met 'n uitstekend drie te danke aan Handre Jooster wat gebars het oor die doellyn, 10-30. Tiaan Henecke sorg vir die ekstra twee punte. Die span van Parow het regtig die sterker span geëindig. Die spoedvraat Maxwell Oscbourne gaan besoek die doellyn nadat hy meer as 50 meters moes hardloop vir sy span se finalle drie. Net voor die finalle fluitjie is Henecke weer sukkesvol met sy skop na die pale.

Die finale telling 30-19 in die guns van die Brakke.

Puntemakers:

Vir Brackenfell:

Drieë: Quan Eyman, Le-Klue Everts, Sean-D van Binsbergen

Doelskoppe: Brandon de Kock, Quan Eyman

Strafskoppe: Brandon de Kock 2

Vir Tygerberg:

Drieë: Nico van der Westhuizen, Handre Jooste, Maxwell Osbourne.

Doelskoppe: Tiaan Henecke 2

Source: @Brakkieland