Bulle wen goeie Clash

Die FNB Classic Clash tussen Oakdale en Marlow Landbou wat gespeel is op Saterdag 2 Augustus op Riversdal was 'n mooi vertoonvenster vir skole rugby.


Albei spanne het met konstruktiewe spel van die begin af hulle stempel probeer  afdruk op die wedstryd.


Oakdale het eerste punte aangeteken met 'n strafdoel deur die SA skole senter JT Jackson wat 19 van sy span se punte aangeteken het (drie, twee strafdoele en vier doelskoppe).


Marlow het 'n strafdoel daarna behaal deur losskakel Gerhard Potgieter wat beantwoord is deur drie drieë (Eckard Leicher, Boeta Hamman, JT Jackson) deur Oakdale wat die Bulle laat water drink het met die telling op 27-3.


Oakdale het net na halftyd hulle vierde drie gaan druk (Kurt Eybers) en met 'n bietjie beter hantering die telling selfs groter kon laat rek het.


Oakdale se verdediging in die tweede helfte was deurslaggewend maar Marlow het egter nie tou opgegooi nie en 'n welverdiende drie gedruk deur kaptein Nelius van Heerden vanaf 'n rolmaal beweging om die eindtelling op 34-8 te staan te bring.


Puntemakers:


Oakdale:

Drieë: JT Jackson, Eckard Leicher, Boeta Hamman, Kurt Eybers

Doelskoppe: JT Jackson 4

Strafskoppe: JT Jackson 2


Marlow:    

Drie: Nelius van Heerden

Strafdoel: Gerhard Potgieter


Spanne


Marlow: 15 Tiaan Smith, 14 Stephan Botes, 13 Jaden Lourens, 12 André Kritzinger, 11 Dewald de Ridder, 10 Gerhard Potgieter, 9 Jordaan Schoeman, 8 Luigy van Jaarsveld, 7 Lourens Snyman, 6 Nelius van Heerden, 5 Francois Roodt, 4 Hannes Viljoen, 3 NJ Oosthuizen, 2 Arno le Roux, 1 Martin Ferreira

Plaasvervangers: 16 Paul du Randt, 17 Dano Erasmus, 18 Jandré van Niekerk, 19 Anrich Krause, 20 Hendrik Venter, 21 Johan Le Roux, 22 Marcel Stapelberg, 23 Hannes Botha


Oakdale: 15 William Eybers, 14 DC Giliomee, 13 Kurt Eybers, 12 JT Jackson, 11 JP Coetzee, 10 Boeta Hamman, 9 Eckard Leicher, 8 Renaldo Ferreira, 7 Armand Heunis, 6 Bertie de Bod, 5 Stephan Streicher, 4 Ewan Coetzee, 3 Marcel Barnard, 2 Cian Wagenaar, 1 SW Odendaal

Plaasvervangers: 16 HP van Schoor, 17 Chrisjan du Toit, 18 ST Swanepoel, 19 Ockert Fourie, 20 Maurice White, 21 Daine Kannemeyer, 22 Diwan Gouws