CC: Valia maak dit net

Transvalia en HTS Vereeniging het in 'n FNB Classiuc Clash gespeel wat Valia in 'n riller 24-20 gewen het. Op 'n stadium was die Trekkers 14 punte voor.

Ons as afrigters is so trots op al die spelers. Dit wat van 'n kampioen verwag word het elke speler na vore getree. Dit was ons nie beskore om te wen nie maar in ons harte het ons die wedloop so voltooi om as oorwinnaars van die veld te tree. Ons is 'n trotse skool en span en sal altyd ons beste gee. Krediet moet gegee word aan beide spanne se inklim spel en ook die goeie dissiplinne. So 'n tipe derby word nie aldag gesien nie.

Aan Transvalia geluk met die wen en aan die Geelbulle "ons doelwitte vir die jaar is op track" Ons is trots op die hele groep se "unity, commitment" en wardering van bo, vir die talente en geleenthede wat ons kry om ons as spelers uit te leef en ook te groei.

 

Ek dink beide spanne se verdediging was uit die boonste rakke, eerstefase besit was van kardinale belang, ons het met intensiteit ingeklim en hoewel ons verloor het, is dit vir ons 'n groot sielkundige slag dat ons Transvalia vir 80% van kragmeting ore aangesit het?


Ons het geweet dat ons die krane moes oopdraai om voorsprong op te bou en voor te bly, ek dink die draaipunt van die wedstryd was toe ons 'n strafskop op ons kwartlyn gekry het. Die skop van daar af het egter teen die doellyn kussing/ kantlyn geraak en ons moes al die pad terug kom vir 'n skrum en transvalia het van daar gaan druk.


Ek dink Transvalia se varsbene op die einde het, in 'n mindere mate, in hul guns getel. Ons was voorbereid daarop omdat ons nie oor dieselfde diepte beskik om spelers slegs te laat "bench" nie. Ons het ook geleenthede gehad om foute in punte te omskep waar ons korrel uit was, maar nietemin rugby is 'n spansport en ons is bevooreg om met so 'n groep seuns en spelers "oorlog toe te gaan". My bloed is geel

 

Die puntemakers:

 

Vir HTS Vereeniging:

Drieë: Elden Schoeman, strafdrie

Doelskoppe: Icky Roos 2

Skepskop: Schoeman

Strafskop: Roos

Vir Transvalia: Nie beskikbaar

Die spanne:

HTS Vereeniging: 15 Johan Brits, 14 Pieter Brits, 13 Elden Schoeman, 12 Gerrie Hallgreen, 11 JP Campher, 10 Icky Roos, 9 Rudi Fourie, 8 Christiaan Boshoff, 7 Junius Deysel, 6 Gerhard Vosloo, 5 Delano Steyl, 4 Bennie van der Walt, 3 Eddie Kirby, 2 Jeandré Roux, 1 Dillon van Zyl.

Plaasvervangers: 16 Jaunrick Pretorius, 17 JP du Toit, 18 Hannes Judeel, 19 Donavon Coxen, 20 Dwayne Engelbrecht, 21 Dominic Cloete, 22 Kobus Pretorius, 23 JW Olivier, 24 JP Lessing.

Afrtigters: Hannes Grobbelaar, D Mey

Transvalia: 15 Theunis Janse van Rensburg, 14 Jacquis Malan, 13 Ruan Neethling, 12 Dudley Thompson, 11 Armand de Bruin, 10 Arno Kotze, 9 Jaco Killian, 8 Estehan Visagie, 7 Marcel de Bruin, 6 Brenton Fossati, 5 Heino Venter, 4 Marnus Erasmus, 3 Burger Fouché, 2 Danru Bender, 1 Arnout Malherbe.

Plaasvervangers: 16 Ernst Snyman, 17 Danie Janse van Vuuren, 18 Johan Grundling, 19 Julion di Leo, 20 Pieter Brits, 21 Dillon Shipton, 22 Lloyd Greeff.

Afrigters: Jaco Kok Ruvaun Olivier

Deur Hannes Grobbelaar