Gill end season on a high note

Gill College, of Somerset East, won their FNB Classic Clash against Cradock High Schools 15-10 in Cradock on Saturday. The report comes from a Grade 11 pupil at Gill - in Afrikaans.


Op 'n yskoue, winderige Vrouedag het Gill- Kollege en Hoërskool Cradock die jaarlikse interskole gehad. Onder baie slegte omstandighede is goeie hardloop rugby deur die dag gespeel en duideliik sou die 1ste span wedstryd glad nie anders wees nie. Na ons vermaak is met opvoerings deur beide skole, was ons reg vir 'n klipharde 1ste span wedstryd.


Cradock het die wedstryd begin met 'n baie sterk wind van agter. Hulle het na die afskop die bal vinnig weer terug gewen en losskakel Stephann le Roux het seker gemaak van drie punte vir Cradock met 'n goeie skepskop.


Gill het egter met goeie spel terug geveg en Cradock onder druk geplaas. Gill word beloon met 'n strafskop binne tref afstand en Gill se nr.7 flank Zandré Schoombee, maak toe seker van drie punte vir Gill. Die telling skuif na 3-elk.


Gill het daarna die spel oorheers en Cradock onder baie druk geplaas. Foute van Cradock lei tot punte vir Gill. Steven Hogg, skrumskakel, duik oor vir Gill se eerste drie. Zandré maak seker van nog 2 punte en Gill loop 10-3 voor met halftyd.


Na halftyd het Gill weer die voordeel van die wind wat intussen ‘n bietjie bedaar het, maar benut dit nie heeltemal goed nie. Gill plaas egter weer baie druk op Cradock met bal in die hand en Gill se skrumskakel, Steven Hogg, breek blinde kant toe na 'n vaste faset, hy gee 'n goeie steekskoppie en Renaldo Meyer, Gill se loskakel, kry die bal en na 'n oomblik van individuele briljanteit duik hy in die hoek oor vir Gill se tweede drie. Zandré kon egter nie slaag met die skop nie, maar Gill behou 'n goeie voorsprong en die telling kom te staan op 15-3. Gill dryf pragtig en die kaptein CJ Lombard duik oor vir ‘n drie. Die drie word nie toegeken nie. Cradock het egter weer kanse gehad met strafskoppe, maar kon dit nie omsit in punte nie.


Met speeltyd wat verstreke was, duik Ruan Stroebel, haker van Cradock oor vir hulle enigste drie van die wedstryd. Stephann le Roux maak seker van twee punte, maar dis te laat en Gill wen hierdie wedstryd oortuigend met 15 punte teenoor 10!


Afrigter Morné Jonker sê na die tyd: “Baie dankie vir ‘n great jaar. Ek is trots op julle almal.”


Die puntemakers:


Vir Gill:

Driee: Steven Hogg, Renaldo Meyer

Verwyfskop: Zandré Schoonbee

Strafskop: Schoonbee


Vir Cradock:

Drie: Ruan Stroebel

Verwyfskop: Stehann le Roux

Skepskop: Stehann le Roux


Die spanne:


Cradock: 15 Ruben van Zyl, 14 Janus Oosthuizen, 13 Waldo van Zyl, 12 Paul Janse van Vuuren (captain), 11 Kiki Mkolwana, 10 Stehann le Roux, 9 Wessel du Rand, 8 Hannes Labuschagne, 7 Sive Mkolwana, 6 Kyle Copeman, 5 Simeon Kitchen, 4 Christian Steyn, 3 Akhona Nteta, 2 Ruan Stroebel, 1 JJ Bekker.


Afrigters: Rudolph Weitz, Rouxan Engelbrecht


Gill: 15 Jacques Moolman, 14 Darren Nel, 13 Juandré Fourie, 12 Camagu Bidli, 11 Wouter Viljoen, 10 Renaldo Meyer, 9 Steven Hogg, 8 CJ Lombaard, 7 Zandré Schoonbee, 6 Christopher Marinus, 5 Tian Botha, 4 Danie Greyling, 3 Murray Buys, 2 Senitemba Gaza, 1 Siya Mpumlo.

Plaasvervangers: 16 Van Zyl Botha, 17 Prospero Mboya, 18 Jan-Erns Saayman, 19 Rayno Kruger, 20 Warrick Meaker, 21 Evert Joubert, 22 Sihle Qumza.


Afrigter: Morné Jonker

Deur Van Zyl Botha