Gill teen Cradock in Classic Clash
Op Saterdag, 9 Augustus 2014 pak die twee skole mekaar op die rugbyveld in die jaarlikse FNB Classic Clashes. Al die spelers word aan die skoolhoofde voorgestel en die vonkelwyn word geskink.
Die wedstryd begin teen ‘n baie vinnige tempo en hoë intensiteit. Die twee spanne gee alles op die aanval en verdediging. Harde duikslae word aan albei kante uitgevoer. Cradock druk die eerste drie van die wedstryd deur hul voorspelers. Gill antwoord egter gou met ‘n drie deur die blits- vinnige Robin Sammy wat baie Cradock verdedigers na lug laat gryp. Wian Greeff verdoel die drie en teken ‘n verdere strafskop aan en Gill loop halftyd voor met 10-5.
Die tweede helfte verloop baie spannend met Cradock wat knaend op die aanval is en Gill wat baie goed verdedig. As Gill-Kollege egter met die bal begin hardloop, is dit weer Cradock wat hul keer moet ken. Robin Sammy en kaptein Evert Joubert teken nog ‘n drie elk aan wat die eind-telling op 20-10 te staan bring met Gill-Kollege wat met die oorwinning spog.
Gill-Kollege sluit ‘n baie suksesvolle seisoen af, ons verloor slegs een liga wedstryd teen Graeme College en twee wedstryde in die voor seisoen teen Die Brandwag en Cambridge.
Spanne
Cradock: 15 M Goba, 14 L Maso, 13 L Peter, 12 W van Zyl, 11 S Bekebu, 10 R van Zyl, 9 Z Mulder, 8 S Mkolwana, 7 R Peters, 6 M Taljaard, 5 D Stroebel, 4 C Mboxwana, 3 L van Greunen, 2 B Matika, 1 S Vulindlu
Gill: 15 K Kruger, 14 R Sammy, 13 W Meaker, 12 W Viljoen, 11 C Troskie, 10 W Greef, 9 L Saayman, 8 D Gowar, 7 E Joubert, 6 R Kruger, 5 H Moolman, 4 Q Benecke, 3 M Lombard, 2 F Jordaan, 1 M Jacobs
DeurJohan Nel (Afrigter)