Jansies looi Kempies

Hulle het Hoërskool Kempton Park die grootste loesing ooit in die skool se sestig-jarige bestaan toe te dien.

Wat die 83 teen 14 wen nog meer spesiaal vir Jansen maak is die feit dat die wedstryd op Kempies se tuisveld plaasgevind het.

Vanaf die staanspoor was dit duidelik dat Jansen se tempo te vining vir die Kempies gaan wees. Dertien minute in die wedstryd was Jansen reeds 24 teen 0 voor.

Om sterre in die wedstryd uit te sonder is baie moeilik, alhoewel die name van Jansen se skakelpaar Ginter Smuts en Ruben Beytell agterlangs genoem kan word, terwyl die kaptein en haker Werner Fourie van voor gelei het met goeie ondersteuning van die res van die voorspeler pak.

Sedert 2008 het die twee skole se eerste spanne al agtien keer kragte gemeet met Jansen wat sestien keer aan die wen kant was en Kempies slegs twee keer. Kempies se eerste span kon laas in 2012 teen Dr EG Jansen wen.

Dr EG Jansen se dertien drieë is deur Dwayne Fourie (4); Francois Du Preez (1); Franco Van Eeden (2); Ruben Beytell (3); Ruben Roodt (1); Rehann Baumann (1) en Lee-Irvin Andries (1) gedruk, terwyl Ginter Smuts met nege doelskoppe geslaag het.