Menlo O/16 kaptein presteer

Jacques Oostehuizen, staatmaker en kaptein van Menlopark se bul Onder-16 span is die afgelope week by die Noordelike Bonde rugbyweek ingesluit in die Noordelike Bonde rugbyspan wat later hierdie jaar na Italië toer om drie wedstryde daar te speel.

Dit is 'n groot prestasie as in ag geneem word dat daar net 22 spelers uit 16 spanne op die week in hierdie span ingesluit is.


Die Blou Bulle Akedemie A-span het die afgelope week hierdie Bondedag nie-amptelik gewen deur al drie wedstryde te wen wat ‘n baie goeie wen van 13-10 Dinsdag teen die Vrystaat ingesluit het.


Die Bulle het Donderdag die nie-amptelike finaal teen die Rooi Valke in 'n spannende wedstryd met 27-14 gewen nadat hulle binne die eers 10 minute van die wedstryd met 0-14 agter was. Ook in diè wedstryd het Jaques ‘n groot rol gespeel om ‘n riller van ‘n wedstryd om te draai in ‘n goeie wen.


Ons het Jacques reeds op O/14 vlak leer ken as ‘n staatmaker speler wat met elke wedstryd alles gee en bereid is om deur spel en voorbeeld van vooraf te lei.


Menlopark is uiters trots om ‘n uithaler speler soos Jacques in ons geledere te hê en sien daarna uit om hom in die toekoms met belangstelling dop te hou en glo dat Jaques nog groot hoogtes in sy rugbyloopbaan sal behaal… Well Done, Jacques!


Tristan en Rivaldo het ook vir die Akediemie A-span uitgedraf, geluk ook aan hierdie twee Menlo staatmakers, ons is trots op julle.


Blou Bulle O/16 Akedemie B-span het ook al drie hulle wedstryde gewen met ‘n netto punteverskil van meer as 100 punte met slegs een drie teen hulle aangeteken in drie wedstryde. Menlo se drie spelers wat in hierdie span gespeel het, Abrie, Juandre en Armand het meer as hulle deel gedoen om hierdie puik prestasie te moontlik te maak.


Met ‘n klomp staatmakers soos hierdie en dan nog Goose en Arnold wat volgende week by UJ vir die O/16 Blou Bulle Grant Khomo-span uitdrag, sien ons uit na die uitspeelwedstryde wat in die nuwe termyn voorlê.


Menlo se twee afrigters wat by die Bondeweek betrokke was, (Dean by die A-span en Wouter by die B-span) kan albei baie trots wees op wat hulle met hulle onderskeie spanne bereik het. Ons is gelukkig om afrigters van hierdie kaliber by Menlo te hê.


Ons wens ook graag vir HG de Klerk, Gerhard Hefer en Julian Coetzee sterkte toe, wanneer hulle die verskillende Blou Bulle O/18-spanne by die Cravenweek gaan verteenwoordig.