Oakdale gasheer aanskoulike toernooi
Die 36ste Agri Oakdale-rugbytoernooi is met groot sukses deur die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal aangebied.
Die 2015-toernooi is gekenmerk deur aanskoulike hardlooprugby wat deur besoekende spanne van regoor die land gespeel is. Dit was met aanvang van die toernooi reeds duidelik dat die spanne van Oakdale, Marlow, Potchefstroom Gimnasium en Voortrekker Bethlehem moeilik geklop gaan word. Dit was egter die span van Hoër Landbouskool Oakdale wat as die span van die Toernooi aangewys is. In drie wedstryde het Oakdale 156 punte aangeteken en slegs 19 punte afgestaan.
Die Oakdale-span het veral beïndruk met hul hantering en spoed. Die span het mooi aantreklike hardlooprugby gespeel. Vier van die Oakdalers is ook in die Agri 15-tal opgeneem. Die beste voorspeler op die toernooi was Adré Smith en die beste agterspeler Alexander Wallace, beide van Oakdale.
Die Toernooi het vanjaar weer baie besoekers na Riversdal gelok en was dit sigbaar hoe besig Riversdal se strate en besighede gedurende die Paasnaweek was.
Die Oakdale OOV, onder leiding van mev. Magda Jackson, moes tydens wedstryddae bakstaan met verkope en daar is gedurende die verloop van die drie wedstryddae meer as 2000 pannekoeke verkoop. Oakdale het groot dank vir die betrokkenheid van ons borge, asook Oakdale-ouers, -leerders en mediese personeel op Riversdal.
Die betrokkenheid en beskikbaarstelling van die Hoërskool Langenhoven se koshuise word ook opreg waardeer.
Daar kan met reg gesê word dat die 36ste Oakdale-rugbyweek uiters suksesvolle en genotvolle toernooi was.
HLS Oakdale Span van die Toernooi:
Agter: Benno Klinck, André Posthumus, Daniel Victor, Alwyn Dippenaar, Darren Adonis, Nicolus van Eeden, Renaldo Ferreira, Ewan Coetzee, Adré Smith, Chrisjan du Toit, André Wilken (spanbestuurder), Bertie de Bod, Kurt Eybers, Hanno Olivier, Helgard Meyer en Daine Kannemeyer.
Voor: Hermanus Botha, William Eybers, WP van Heerden, mnr. Andries Wiese (Mutual Federal Agri), HP van Schoor, mnr. André Latsky (skoolhoof), Christo Hamman, Alexander Wallace en Eckard Leicher.
Agri Vyftiental 2015:
Voor: Brandon de Kock (HS Brackenfell), Alexander Wallace (HLS Oakdale), mnr. Andries Wiese (Mutual Federal Agri), HP van Schoor (HLS Oakdale), mnr. André Latsky (HLS Oakdale: skoolhoof) André Kritzinger (HLS Marlow) en Kurt Eybers (HLS Oakdale).
Agter: Jan le Roux (HS Sentraal), Janco Cloete (HS Diamantveld), Malan Olivier (Die Brandwag), Emce van der Walt (HS Durbanville), Cobus Wiese (HS Upington), Adré Smith (HLS Oakdale), Gerhard Steenekamp (Potchefstroom Gimnasium), Carlu Sadie (HS Bellville), Marco Joubert (HS Bellville) en Jean-Marc Fuchs (HS Brackenfell).
Beste agterspeler: Alexander Wallace (Oakdale), mnr. Andries Wiese (Agri)
Beste voorspeler: Adré Smith (Oakdale)
Punte en puntemakers:
Montagu 0-41 Brackenfell
Vir Montagu: Geen
Vir Brackenfell:
Drieë: Amile van Heerden, Jaco Koen, La Clue Everts, Jean-Marc Fuchs, Stefan Strydom, Byron Bantjes, Straf Drie
Doelskoppe: Brandon de Kock 3
Durbanville 10-3 Langenhoven Gim
Vir Durbanville:
Drieë: Juandré du Toit, Muller van der Westhuizen
Vir Langenhoven Gim:
Strafskop: Winrey Stoffels
Diamantveld 13-12 Bellville
Vir Diamantveld:
Drieë: De-an Ackerman 2
Strafskop: Gerco Nortje
Vir Bellville:
Drieë: Kevin Goddard, Carlu Sadie
Doelskop: Marco Viljoen
Marlow 14-24 Welkom Gim
Vir Marlow:
Drieë: NJ Oosthuizen, Renier Pretorius
Doelskop: Gerhard Potgieter
Vir Welkom Gim:
Drieë: Richman Gora, Ezrick Alexander, Damiie Hendricks
Doelskoppe: Luan James 3
Strafskop: Luan James
Oakdale 42-7 Potchefstroom Gim
Vir Oakdale:
Drieë: Christo Hamman 2, Renaldo Ferreira, Adré Smith 2, William Eybers, WP van Heerden
Doelskoppe: Darren Adonis 2
Strafskop: Christo Hamman
Vir Potchefstroom Gim:
Drie: GJ Janse van Rensburg
Doelskop: Casper Dreyer
Augsburg Gim 7-40 Strand
Vir Augsburg Gim:
Drie: Junior Grobbelaar
Doelskop: Keith Nel
Vir Strand:
Drieë: Eden Heyns 2, Stephan Volschenk, Divan Bernhardi, Abdul Rhoda, Adrich Stofberg
Doelskoppe: Jandre koekemoer 4, Jano Brink
Windhoek Gim 35-34 Centurion
Vir Welkom Gim:
Drieë: Frederick van Zyl 3, Clivén Loubser, Rudi Pretorius
Doelskoppe: Frederick van Zyl 5
Vir Centurion: BW
Sentraal 22-16 Die Brandwag
Vir Sentraal:
Drieë: Hennie Terre Blanche 2, Ruan van der Walt
Doelskoppe: EP Nel 2
Strafskop: EP Nel
Vir Die Brandwag:
Drieë: Malan Olivier, Brandon O'Neill
Strafskoppe: Malan Olivier 2
Voortrekker 15-18 Kempton Park
Vir Voortrekker:
Drieë: Michael Janse van Rensburg, Sakkie Mollentze, Pieter van Zyl
Vir Kempton Park:
Drieë: Lieue van Schalkwyk 2
Doelskop: Francois Erasmus
Strafskoppe: Francois Erasmus 2
Knysna 5-29 Muir College
Vir Knysna:
Drie: Dylan Stander
Vir Muir College:
Drieë: Mihlali Mosi, Luphelo Miggels, Denver Wannies, Liam Human, Sicelo Tole
Doelskoppe: Senkosi Ncapayi 2
Dirkie Uys 5-24 Kirkwood
Vir Dirkie Uys:
Drie: Daniël Janse v Rensburg
Vir Kirkwood:
Drieë: Shane Kluyts 2, Ruan Pieterse, Denray Scherenekau
Doelskoppe: Devan Koen 2
Hermanus 22-10 Monument Park
Vir Hermanus:
Drieë: Adrian Jackson, Jade Cornelius, Jaco Abel, Chrisham Lucas
Doelskop: Kayno Temmersrs
Vir Monument Park:
Drie: Alistair Mumba
Doelskop: Alistair Mumba
Strafskop: Muré Pickard
Upington 11-7 Pearson
Vir Upington:
Drie: Jaco Zietsman
Strafskoppe: Benna Nieuwoudt 2
Vir Pearson:
Drie: Luthando Fini
Doelskop: Duwayne Baartman
Labori 0-24 Overberg
Vir Labori: Geen
Vir Overberg:
Drieë: Deustron Olivier 2, Duncan Adams
Doelskoppe: Bradley Marthinus 3
Strafskop: Bradley Marthinus
Bredasdorp 15-26 Vredendal
Vir Bredasdorp:
Drieë: Craige Meyer, Bevan Arends
Doelskop: Jacques Jansen
Strafskop: Jacques Jansen
Vir Vredendal:
Drieë: Dylon Cloete, Schalk-Willem Laing, JB Geldenhuys, Jakes Nakoo
Doelskoppe: Schalk-Willem Laing 3