Oakdale wen op Worcester
Oakdale het die eerste helfte min balbesit gehad en te veel op verdediging ingestel. Drostdy het baie geleenthede gehad maar kon niks afrond nie.
Die tweede helfte het Oakdale baie meer druk opgesit en Drostdy het begin foute maak wat Oakdale instaat gestel het om meer besit te kry en af te rond. Wat aan hulle vier goeie drieë besorg het. Drostdy het onder druk planloos gespeel.
Oakdale se uitblinkers was se Xavier Swartbooi (10), Jaco Smit (4). Drostdy se kaptein Albert Liebenberg (7) het met voorbeeld gelei.
Puntemakers:
Vir Oakdale:
Drieë: Xavier Swartbooi, Zinedine Booysen, Jay-Cee Nel, Dian Bleuler
Doelskoppe: Darren Adonis 3
Vir HTS Drostdy:
Drieë: Bradley van Turha, Bronlee Mouries
Strafskop: Dimitri Moffat
Van Oakdale