Outeniqua se Rugbyweek 2015
Eerskomende vakansie, vanaf Woensdag 1 April tot Maandag 6 April 2015, bied Hoërskool Outeniqua weer die Nashua Kwagga Junior Rugbyweek aan.
Die week word sedert 1995 aangebied, en het gegroei tot sekerlik die grootste junior rugbyweek in die land. Hierdie jaar gaan daar 34 spanne deelneem. Veral die o/14 spanne wat deelneem verteenwoordig die top rugbyskole in Suid-Afrika.
Wedstryde sal plaasvind op Donderdag 2 April, Saterdag 4 April en Maandag 6 April te Hoërskool Outeniqua.
Woensdagaand 1 April om 19.00, is daar ‘n openingseremonie, en almal is welkom om dit by te woon.
Dit beteken dat hier ongeveer 1 000 leerders, asook afrigters en ouers in George gaan saamtrek vir hierdie sportweek, wat ook ‘n lekker finansiële inspuiting vir die dorp gaan wees.
Heerlike ontbyte en middagetes kan ook geniet word tydens die wedstryde by Outeniqua se eie restaurant, die KWAGGA CUISINE.
Nashua Kwagga Junior Rugbyweek Program
Donderdag 2 April 2015
A VELD
08.30: o/15 Windhoek Gym vs York High
09.30: o/15 Bellville vs Diamantveld
10.30: o/14 Westville vs Selborne
11.30: o/14 Menlopark vs Paul Roos
12.30: o/14 Grey vs Garsfontein
13.30: o/14 Affies vs HJS
14.30: o/15 Selborne vs Eldoraigne
15.30: o/15 Outeniqua vs Centurion
B VELD
08.30: o/15 Outeniqua B vs Glenwood House
09.30: o/14 Oudtshoorn vs Jeugland
10.30: o/15 Oudtshoorn vs Durbanville
11.30: o/14 Outeniqua vs Waterkloof
12.30: o/14 Boland Landbou vs Eldoraigne
13.30: o/14 Windhoek Gym vs Durbanville
14.30: o/14 Centurion vs Stellenberg
15.30: o/14 Brandwag vs Diamantveld
16.30: o/14 Parel Vallei vs Outeniqua B
Op die foto oorhandig Peter en Angelè Rooyakkers, eienaars van Nashua, die borgskap aan Christo Vorster (Skoolhoof links) en Pieter Cloete (Adjunkhoof: Sport – heel regs)