Paul Roos buig die knie voor Oakdale

Die eerstespan wedstryd het aan alle verwagtinge van 'n opwindende en aanskoulike o.19 skolewedstryd voldoen.

Paul Roos was eerste op die telbord gevolg deur Darren Adonis, Oakdale se heelagter, met 'n strafskop.

Gedurende die eerste helfte het Oakdale twee strafskoppe aangeteken deur Darren Adonis terwyl Paul Roos twee keer agter die doellyn gaan kuier deur onderskeidelik, Johan Joubert no. 7 flank en Hanré du Toit, flank verdoel deur Joshua Vermeulen die heelagter. Damian Willemse, losskakel het ook met 'n strafskop; geslaag.

Na die halftyd telling 15-6 in die guns van Paul Roos het Oakdale vroeg in die tweede helfte teruggeslaan met loskopvoorry Dian Bleuler se drie wat verdoel is deur die heelagter Darren Adonis. 'n Drie deur Tiaan Coetzee, skrumskakel van Paul Roos het na tien minute die telbord laat aanskuif na 20-13 vir Paul Roos.

'n Vinnige drie deur die vleuel Zinedine Booysen en verdoel deur Darren Adonis het die telling op 'n mespunt gebalanseer op 20 elk.

Adonis het 'n strafskop deur die pale gehaag om die wedstryd met 23-20 in Oakdale se guns te maak.

Dit was veral 'n begeesterde Oakdale-span wat in die tweede helfte die tempo verhoog het en die meeste op die aanval was. Vir Paul Roos het die slot Ben-Jason Dixon sake moeilik gemaak in die lynstaan. Oakdale se beste spelers op die dag was Dian Bleuler, loskopstut, wat 'n barshou in die vastelos gespeel, het en Nicolus van Eeden, buitesenter, wat die Paul Roosers aan die raai gehou het.

Puntemakers 1ste XVs

Vir Hoër Landbouskool Oakdale: (6) 23

Drieë: Dian Bleuler (1), Zinedine Booysen (11).

Doelskoppe: Darren Adonis (15) 2.

Strafskoppe: Darren Adonis (15)  3.

Vir Paul Roos Gimnasium: (15)20

Drieë: Hanré du Toit (6), Johan Joubert (7), Tiaan Coetzee (9).

Doelskop: Joshua Vermeulen (15).

Strafskop: Damian Willemse (10).

Die tellings op die dag

o.14A: 5-41 (Paul Roos)

o.14B: 8-35 (Paul Roos)

o.14C: 5-42 (Paul Roos)

o.14D: 22-26 (Paul Roos)

o.14E: 5-35 (Paul Roos)

o.15A: 12-18 (Paul Roos)

o.15B: 0-32 (Paul Roos)

o.15C: 5-50 (Paul Roos)

Oakdale o.15D vs Paul Roos o.15E: 14-29 (Paul Roos)

o.16A: 10-46 (Paul Roos)

o.16B: 0-17 (Paul Roos)

o.16C: 3-28 (Paul Roos)

Oakdale o.16D vs Paul Roos o.16E: 8-52 (Paul Roos)

o.19A: 23-20 (Oakdale)

o.19B: 17-27 (Paul Roos)

o.19C: 6-5 (Oakdale)

o.19D: 7-57 (Paul Roos)

o.19E: 5-32 (Paul Roos)