Waterkloof Sportfees, Dag 1

Die jaarlikse Hoërskool Waterkloof Sportfees het Saterdag afgeskop. Daar neem altesaam 17 rugbyspanne van regoor die land aan die fees deel. Dit fees vind nog Maandag die 2de en Woensdag die 4de April plaas.

In die hoofwedstryd van die dag het Waterkloof vir Jeppe Boys High behoorlik ore aangesit. Die blou tornado van Pretoria het met 73-7 geseëvier.

Klofies het in die eerste 25 minute nie goeie rugby gespeel nie met hanteerfoute en swak aangeë. Jeppe se Nr.14, Subusiso Kunene, het die eerste drie van die wedstryd aangeteken. Die flank, Mahlatsi Tloubatla, het met die skop pale toe geslaag.

Waterkloof se losskakel, Kobus Marais, se skopskoen het in die eerste helfte teleurgestel. Marais het met net een van drie skoppe in die eerste helfte pale toe geslaag.

Die bloues se eerste drie is deur die vleuel, Brendan Squires, aangeteken. Kort voor halftyd het Ian Barnard Klofies se tweede drie gedruk.

Die halftydtelling was 19-7 vir Waterkloof.

Alhoewel die span van Johannesburg goed begin het, moes hulle die knie teen Waterkloof buig. Die manne met die swart en wit truie kon geen punte in die tweede helfte aanteken nie.

Waterkloof het met goeie agterspel en gebiedsvoordeel die Johannesburgers van die veld af gespeel.

Ander wedstryde: Transvalia het met ‘n sterk pak voorspelers met 43-0 teen Merensky gewen. Centurion het goeie hardlooprugby gespeel en Tygerberg met 62-12 gewen. Jim Fouché I het met die lynstane in hul wedstryd teen Brandwag oorheers en 41-10 gewen. Ben Vorster was gefokus teen Sentraal van Bloemfontein en het 27-17 gewen.

Voortrekker, Bethlehem, se voor- en agterspelers het deurgaans uitstekend in hulle wedstryd teen Montana gekombineer. Montana het geen antwoord vir die vinnige agterspel van Voortrekker gehad nie. Hulle het moedig probeer, maar as gevolg van beserings voor die toernooi, is hulle gekniehalter deurdat ses spelers uit hul posisie moes speel. Voortrekker met met 58-6 gewen.

Ander tellings van die dag: Waterkloof XV 22, Sentraal 7; Middelburg XV en Jim Fouché 10 elk.

Uitslae:
Transvalia vs Merensky, 43-0
Centurion vs Tygerberg, 62-12
Jim Fouché vs Die Brandwag, 41-10
Ben Vorster vs Sentraal, 24-17
Bethlehem Voortrekker vs Montana, 58-6
Waterkloof vs Jeppe, 43-7
Waterkloof XV vs Sentraal XV, 22-7
Middelburg XV vs Jim Fouché XV, 10-10

Deur Carli Koch