Baa-baas staan bo!
Op Vrydag, 30 Julie, het PSO Barbarians teen Majuba gespeel. Aan die begin van die wedstryd was die spanning hoog met altwee spanne wat 'n wen najaag. Majuba het begin beheer neem oor die game en ook eerste bloed geruik met 'n stafskop.
Die PSO manne het maar senuweeagtig begin, maar meer en meer beheer geneem oor die wedstryd en sake begin dikteer.
As gevolg van die feit dat Majuba te min stutte gehad het, moes daar uncontested scrums wees en het dit die wedstryd baie vinnig laat vloei.
PSO Barbarians het later balbesit oorheers en met geduldige aanvalswerk het hulle, hul eerste drie gekry deur Altus Smit (aka Kalahari Leeu) wat in die hoek afgerond het.
Hierdie drie het het die Barbarians baie selfvertroue gegee en kort daarna het Simon Mzweski oorgegaan vir die Baa-baas se tweede drie. PSO was daarna in volle beheer, maar swak afronding het gekeer dat hulle nie met 'n groter telling as 14-3 lemoentyd ingegaan het nie.
In die tweede helfde was dit weer Majuba wat aan die begin na die gevaarliker span gelyk het met PSO wat baie kanse verspeel het.
'n Drie van Majuba het die Barbarians se voorsprong laat krimp na 14-8, maar gelukkig het dit die Baa-baas aangespoor om weer hulle ritme te vind en beheer te neem oor die wedstryd. Deur goeie aanvalswerk en beter afronding het altwee die vleuels weereens gaan druk om vir PSO die belangrike bonuspunt wen te verseker.
Die eindtelling was dus 26-8 en as gevolg van hierdie goeie vertoning deur die Baa-baas is hulle nou weer derde op die eesrte liga ranglys.
Deur Ettiene van den Brink