Baie Koshuis aksie op Tuks!

Al die eerste spanne in Groep Y van Tuks se Steinhoff-Koshuisliga speel Dinsdag (Mei 5) hul eerste wedstryde nadat die deelnemers in die ander afdeling reeds almal hul staal begin wys het.

Die opvallendste uitslag in die laaste reeks wedstryde wat in Groep X gespeel is (April 21), was die wegholsege wat die verdedigende kampioen, Maroela, teen BHO behaal het. Maroela het met 65-3 gewen.

In die ander wedstryde het Mopanie (k Geelhout 9-7) en Onderstepoort (k Vividus 28-0) die septer geswaai.

Die bepalings vir Dinsdag is:
Groep X:
Maroela t Vividus (LC A); OP t Geelhout (LC B); Mopanie t Taaibos (LC C)
Groep Y: Boekenhout t  Kollege (LC D); Olienhout t Zeus (LC E); Kiaat t Sonop (Groenkloof)