Drie Tuks spanne nog onoorwonne

Maroela (Groep X), Boekenhout en Sonop (Groep Y) is steeds onoorwonne ná die Tuks Steinhoff Koshuisliga wedstryde wat op Mei 19 beslis is.

Maroela, die verdedigende kampioen, het Geelhout met 39-0 kafgedraf.

Sonop het die sluise oopgetrek teen Zeus (59-3), maar Boekenhout moes harder vir sy sege oor Olienhout werk (32-14).

Buiten Maroela, was Mopanie (k BHO 38-6) en Taaibos (k Vividus 22-17) die twee ander wenspanne in Groep X.

In Groep Y is die derde wedstryd deur Kiaat gewen, wat Kollege met 20-8 geklop het.

* Die Tuks studente het hierdie week met hul eksamens begin en die Koshuisliga gaan 'n breek vat. Die Tuks Steinhoff Koshuisliga begin weer op Dinsdag, Julie 14.