Dubbel aksie in Tukkies-wereld

'n Dubbel-ronde in Tuks se Steinhoff-koshuisliga was uitendelik verlede week moontlik nadat reën en die gevolglike nat velde drie weke lank chaos veroorsaak het.

Onderstepoort is die voorloper op die puntelys met 18 punte ná vyf wedstryde - gevolg deur Mopanie (17), Boekenhout (14) en Sonop (9).

Die koshuisliga word eers laat in Julie hervat omdat die sportkampus gesluit gaan wees vir die duur van die Sokker Wêreldbeker-toernooi.

Deur Morris Gilbert