Neusie verby vir Majuba

Steinhoff Majuba het net 'n wen sonder 'n bonuspunt aan die Barbarians gekort om deur te dring na die halfeindstryd van die Steinhoff Koshuisrugby Kampioenskap.

Weereens, het Majuba 'n vroeë drie afgestaan en hulself op die agtervoet geplaas. Die onveilbare skopskoen van NMMU se binnesenter, Lindsay Weyer, het gesorg vir twee verdere strafskoppe het vir NMMU se elf punte vir die eerste helfte gesorg.

Steinhoff Majuba se uitstaande linkervleuel, Stefan de Villiers, het vier uit vyf strafskoppe met oortuiging deur die mikke gejaag om Steinhoff Majuba 'n 12-11 halftyd voorsprong te gee.

Steinhoff Majuba het verseker die beter rugby in die tweede helfde gespeel. 'n weghol drie deur agsteman, Dantes Wium, het Steinhoff Majjuba, 'n 19-11 voorsprong gegee. 'n Fout by die afskop, en NMMU was terug binne bereik van Steinhoff Majuba, 19-18.

Met 'n ware Shane Williams-step peil Stefan de Villiers by die lyn af en druk hy 'n skitterende drie. Die telling was toe 26-18. Na 'n vraagbare besluit deur die skeidsregter, het Majuba 'n drie afgestaan, om die telling 26-25, in Steinhoff Majuba se guns te hê.

NMMU het toe weer die voorsprong gevat deur die skopvoet van binnesenter Weyer - 28-26. Stefan de Vlliers het toe weereens een deur die mikke laat seil om die telling 29-28 te maak.

In plaas van hulle gebiedsvoordeel te gebruik, het Majuba die bal in die hand probeer hou en het Majuba weer binne skopafstand 'n strafskop af gestaan. NMMU se binnesenter neem toe die voorsprong vir NMMU na 31-29.

Die beslissende borsbeseering van Majuba se skopkoning en spoedvraat, Stefan de Villiers, het Ben Olivier met 'n koue, ongegeoefende skopvoet met taak gelos om die wedstryd te wen. Hy het egter nie geslaag nie. NMMU wen dus die wedstryd 31-29. Mens moet dan die besluit bevraagteken van Majuba se afrigter om die ervare heelagter en stelskopper, Hennie de Villiers te vervang op die veld.

Melding moet gemaak word van Stefan de Villiers se ses uit agt skopsukses en sensasoenele drie. Stefan het dus 24 uit 'n totaal van 29 punte aan geteken.

Majuba gaan nou begin voorberei aan die verdediging van hulle Eersteliga titel wat op Maart 27 teen Helshoogte begin.

Deur Will Steenkamp