Onderstepoort, Mopanie kruis swaarde
Onderstepoort en Mopanie pak mekaar aanstaande Dinsdag (7 September) in die finaal van die Steinhoff Tuks-huisliga.
OP het Sonop met 26-23 in die halfeindronde geklop nadat Piet Piet Swart in die doodsnikke met die wenskpedoel geslaag het. In die ander halfeind het Mopanie maklik teen Boekenhout gewen (30-6).
Die Onder-20-Finaal is tussen Vividus en Ysterhout. Vividus moes in die semi-finaal klippe kou voordat hulle Boekenhout baasgeraak het (17-16), terwyl Ysterhout dit makliker teen Olympus gehad het (23-17).
* Die span van die Steinhoff-Tuks Barbarians is ná die halfeindstryde gefinaliseer met OP wat die beste verteenwoordig is met ses verteenwoordigers.
Dit is nog nie bekend teen wie die Barbarians sal speel nie.
Die Steinhoff-Tuks Barbarians span is:
15 Adriaan Bornman - Maroela
14 Rick Lee - Mopanie
13 Phillip Viviers - Onderstepoort
12 Selwyn Schutze - Sonop
11 Keith Ross - Onderstepoort
10 Piet-Piet Swart - Onderstepoort
9 Jan Spruit Steenkamp - Maroela
8 Rudolf Smith - Maroela
7 Jaco Calitz - Sonop
6 Schabort Meyer - Onderstepoort
5 Meiring de Clerq - Sonop
4 Dirk Jacobs - Mopanie
3 Hein Viljoen - Sonop
2 Raymond van Niekerk - Olienhout
1 Porros Muller - Boekenhout
Replacements:
16 Stefan van Niekerk - Boekenhout
17 Basil Short - Taaibos
18 Armand Marx - Kollege
19 Alan Louw - Onderstepoort
20 Rhynhardt de Bruyn - Taaibos
21 Ansius Vermeulen - Mopanie
22 Rob Swartz - Onderstepoort
Deur Morris Gilbert