Oorwinnings vir Bloutrein, Helshoogte
Bloutrein en Helshoogte het Vrydagaand oorwinnings behaal in die 2010 Steinhoff Koshuisrugby toernooi in Stellenbos.
BLOUTREIN WEN NET-NET
Deur Deur Christo Viljoen
Die Bloutrein van Dagbreek het hierdie afgelope Vrydag net genoeg gedoen om die eerstespan van Huis Marais met 20-18 te wen nadat hulle met halftyd 14-8 voorgeloop het.
Soos die eindtelling en halftydtelling aandui, was hierdie 'n wedstryd van twee helftes. Die Bloutrein het van meet af ingeklim en met 'n paar groot duikslae hul intensies duidelik gemaak. Hierdie goeie verdediging het gelei tot omgekeerde besit wat die manne van Dagbreek baie goed gebruik het om hulself in die Huis Marais 22 te hou vir groot dele van die eerste helfte.
Dagbreek het altwee sy driee in die eerste helfte gan druk. Dien eerste deur die linkervleuel Francois van der Merwe na 'n baie goei skoppie van die heelagter Rikus Sonnekus en die tweede deur die flank Jaco Janse van Vuuren, dit nadat hy die Huis Marais losskakel se skop afgestorm het. Huis Marais het met die loei van die halftyd sirene gaan druk.
In die tweede helfte was dit heeltemal 'n ander storie, met Huis Marais wat gedurig op die aanval was en die Bloutrein wat bietjie sy voorsprong verdedig het. Huis Marais het nog 2 keer gaan druk en as dit dalk vir meer akkurate stelskoppe pale toe was, het hulle dalk die wedstryd gewen.
Met hulle sewende agtereenvolgende oorwinning, bly Dagbreek steeds bo aan die punteleer.
HELSHOOGTE TEEN PSO
Deur Gerbrand Kriel
Op Vrydag 20 Augustus het Helshoogte en PSO mekaar aangepak. Met die eerste rondte van die koshuis eersteliga wat nou na 'n einde toe begin staan was dit 'n belangrik wedstryd vir beide spanne.
Beide spanne het die maksimum moontlike punte nodig om sodoende hul posisie op die punteleer te versterk. Helshoogte het eerste bloed geruik met 'n uitstekende drie deur een van die vleuels. PSO het onmiddelik daarna geslaag met 'n strafdoel wat die idée gegee het dat dit 'n ware wipplank wedstryd gaan wees.
Helshoogte het egter saamgetrek en met uitstekende balverspreiding en hardlooprugby waarvoor Helshoogte so bekend is die wedstryd aangepak. Teen halftyd het Helshoogte nog twee drieë gedruk wat aan hulle 'n bonus punt besorg het. Halftyd is in gegaan met die telling op 19-3 in die guns van Helshoogte.
Die tweede helfte was 'n herhaling van die eerste helfte met Helshoogte wat totaal in beheer was. As gevolg van swak kommunikasie en hanterings foute aan Helshoogte se kant kon PSO vele aanvalle op die hul eie doellyn stuit. Helshoogte het egter in die tweede helfte net meer sout in PSO se wonde gevryf en nog twee drieë gedruk.
Met die bietjie balbesit wat PSO gehad het kon hulle min uitrig en is keer op keer gestuit met verdedigings lyne wat nie gebreek kon word nie. PSO het egter in die laaste minuut daarin geslaag om die doelgebied van Helshoogte oor te steek. Dit was egter heeltemal te laat en Helshoogte het die wedstryd met 29-10 gewen.