Slegte begin for Maroela

Maroela het Donderdag, Julie 23 sy eerste nederlaag van die seisoen in Tuks se winter-huiseliga gely toe hy oortuigend met 21-3 deur Onderstepoort geklop is.

Dié uitslag bring mee dat Onderstepoort eerste in Afdeling X eindig en die Top 8-ronde met 12 op die puntelys aandurf.

Maroela is tweede (9), Mopanie derde (6) en Geelhout vierde (2).

In Afdeling Y het Boekenhout en Sonop as gesamentlike wenners na die Top 8-ronde deurgedring nadat albei gestraf is omdat hulle van ongeregistreerde spelers gebruik gemaak het.

Boekenhout was aanvanklik die wenner met 16-14, maar as gevolg van die strafmaatreëls is die telling na 0-0 gewysig.

Boekenhout en Sonop dra elk 12 punte na die Top 8-ronde oor. Olienhout het derde en Kiaat vierde in Afdeling Y geëindig. Olienhout dra sewe punte oor, maar Kiaat begin die Top 8-ronde met ’n nulletjie.

Die Top 8-ronde begin op Dinsdag, Julie 28. Die spanne speel oorkruis teen mekaar (X t Y).

Deur Morris Gilbert