Sonop die Uitklop Kampioene!

In Murraystraat 93, Brooklyn is daar gisteraand tot laat feesgevier nadat Sonop die eerste keer in drie probeerslae daarin geslaag het om Steinhoff-Tuks se Uitklop-koshuisliga te wen.

Sonop, wat ook in ook verlede jaar en in 2007 in die eindronde gespeel het, het Mopanie met 9-6 geklop.

Al die punte is met skoppe aangeteken.

In die o.20-eindronde, het die span van Hardekool (die Blou Bulle-Tuks-akademie) die pyp gerook deur Vividus 2 met 22-18 te klop.

Steinhoff Maroela, Tuks se verteenwoordiger in die 2010 Steinhoff Koshuisliga, loods sy 2010-veldtog Donderdag. Maroela speel Maandag (22 Februarie) sy eerste wedstryd in die 2010-reeks teen die kampioenspan van FNB TUT (Steinhoff Patriot).

Onderskrif: Wynand Claassen, gewese Springbok-kaptein en President van TuksRugby, oorhandig die kampioenskapstrofee aan Louis Calitz, Sonop se kaptein.