Groot terugslag vir Tukkies

Die Tuks-slot Erich 'Perd' van der Westhuizen sal ses maande nie kan rugby speeel nie, nadat hy sy heup in die opwarmwedstryd teen Rusland - verlede week - ontrwig het.

"Ek wens my grootste vyand nie dié pyn toe nie, want dit het vier skedule 7-inspuitings geneem voordat my pyn eers begin meegee het.

"Boonop moes ek 12 ure in die hospitaal lê en wag voordat my heup eers teruggesit is," het 'Perd' aan varsitycup.co.za gesê.

Hoewel daar geen fraktuur is nie, is die spiere en ligamente in en om die heupgewrig baie beskadig.

'Perd' sukkel nog om te loop en verduur steeds baie pyn.

"Al die mediese personeel met wie ek sedert my besering in aanraking was, stem saam dat 'n heupontwrigting 'n seldsame rugbybesering is," het Van der Westhuizen bygevoeg.

"My besering was vir hulle almal 'n groot eerste."

Hy sou 'n logiese keuse vir Tuks se Varsitybeker-beginspan gewees het.

Deur Morris Gilbert