Sukkel-sukkel oorwinning vir Puk

FNB Pukke het Saterdag 'n 29-10 oorwinning oor Roodepoort behaal, maar hul vertoning was met basiese foute besaai.

Die tuisspan het wel vier drieë gedruk, maar ná die eerste drie na net 30 sekondes gekom het, het die res het 'n bietjie langer gevat.

Na die wedstryd het Pukke se breier, Rudy Joubert, aan suparugby.com gesê: "Ons het toegelaat dat foute in ons mondering insluip, en dit is nie goed genoeg nie.

"Ons het 'n wedstryd teen UJ en die Intervarsity wat voorlê en ons moet hierdie foutjies regstel.

"Die manne is af tot Donderdag voor ons Wits speel en daarna is dit Raiders," het hy bygevoeg. "Ons het vandag nie baie goed gespeel nie, maar ons het gelukkig steeds volpunte gekry. Dit is seker goed dat dit eerder nou as later gebeur."

Puk se puntemakers:
Drieë:
Malan van der Merwe, Gerhard Nortier, Markus Fourie, Wouter Watermeyer
Doelskoppe: Van der Merwe 2

Deur Kristoff du Plessis